car on road

Besigheidsfokus: Van weermagman na motor man

Travelling Toolbox – Jacques Hanekom

Ons het onlangs ‘n bietjie met Jacques Hanekom van Travelling Toolbox in Mosselbaai gesels om meer uit te vind oor hom en wat hy doen.

Agtergrond

Jacques het grootgeword en skoolgegaan in Gauteng. Daarna was hy weermag toe waar hy gekwalifiseer het as ‘n petrol- en dieselwerktuigkundige.  Hy het vir 9 jaar in die weermag gewerk as werktuigkundige, waarna het hy sy eie werkswinkel in Gauteng gehad het vir 14 jaar. Hy het voortdurend addisionele opleiding gekry om op hoogte te bly met nuwe tegnologie.

Ervaring

Jacques se hoof fokus het geval op mini-bussies – Toyota, Volkswagen, Ford, Nissan, Mitsubishi, trokke, busse ens. Hy het onder andere kontrakte gekry van Big Six asook die Taxi Association met ongeveer 7000 lede.  Hy het ook werk gedoen vir verskeie motorhawens soos Cartoria en Silverton Nissan.

Sy benadering

Jacques glo aan eerlikheid en integriteit.  Hy probeer ook om daardie ekstra myl te loop en het baie trots in sy werk, is baie passievol oor sy werk en gesteld op sy eer en sy naam.  Jacques glo ‘n tevrede klient is sy beste advertensie. Wanneer jy met Jacques gesels kom jy dadelik agter hy weet presies wat hy doen en hy is ‘n mense mens met baie empatie vir mense oor die algemeen.  Wanneer jy wegstap by Jacques weet jy, jy het ‘n nuwe vriend gemaak!

Diensaanbieding

Jacques se dienste sluit in alle fabrikate en modelle motors (petrol en diesel voertuie).  Jacques is welbekend met Volvo, Scania en Man trokke. Sy werkswinkel is egter huidiglik nie ingerig vir groot trokke nie, maar hy hanteer wel “breakdowns” en help graag met trokke.

Sy Uitnodiging

Jacques nooi die publiek om hom te kom ontmoet by sy nuwe werkswinkel in Mosdustria en vir ‘n gratis langafstand “check” op jou motor! Onthou net om eers ‘n afspraak te maak en seker te maak hy het ‘n opening vir jou voertuig! Hop gerus in by hom, sodat jy met veiligheid en gerusstelling jou rit kan aanpak wanneer jy die langpad aandurf.

Jy ontvang ook jou elektroniese diagnose gratis (wat meeste fabrikate insluit), as hy die voertuig regmaak. Selfs as jy net wil seker maak jou voertuig is in ‘n tiptop toestand, is jy welkom om hom te kontak. Daar is ook ‘n 24-uur nooddiens vir ‘n pap wiel, pap battery of as jou voertuig onklaar raak.

Verwysings

As jy met mense wil praat oor Jacques se werk, kan jy hom gerus vra vir verwysings – hy het heelwat.

Spesiale aanbod

Jacques het laat weet dat hy tans ‘n spesiale aanbod het op gewone dienste, so as jy daarvan wil gebruik maak kontak hom gerus vir ‘n kwotasie!

Kontak

Jy kan Jacques gerus kontak op ZAMAFINDER.COM, FACEBOOK of die Findit 247 App. Of om dit nog makliker te maak, is sy nommer sommer hieronder.

Leave a Comment